Cifra de Uit Dieptes Gans Verlore - Misc Praise Songs
Veja os acordes de Uit Dieptes Gans Verlore, de Misc Praise Songs, e use os controles desta página para mudar o tom, ajustar a leitura e acompanhar a música enquanto toca. Ver mais cifras de Misc Praise Songs →
Primeiro acorde: D 5 acordes identificados
[Verso 1]
D A G
Uit dieptes, gans verlore,
van redding ver vandaan,
waar hoop se laaste spore
in wanhoop my vergaan;
uit diep van donker nagte
roep ek, o HERE, hoor,
en laat my jammerklagte
tog opklim in u oor!
[Verso 2]
D A G
As U, o Heer, die sonde
na reg wou gadeslaan,
wie sou een enkel stonde
voor U, o HEER, bestaan?
Maar nee, daar is vergewing
altyd by U gewees;
daarom word U met bewing
reg kinderlik gevrees.
[Verso 3]
D A G
Soos een wat op die mure
as wagter uitgestel,
gedurigdeur die ure
met sy gedagte tel
só wag my siel, en sterker,
gedurig op die HEER,
tot Hy, die Ligbewerker,
die nag in daagraad keer.
[Verso 4]
D A G
Hoop, Isrel, in jou klagte;
vertrou, o volk, wat treur;
sy guns verduur die nagte,
sy heil breek eindlik deur.
Dan skyn n soete vrede:
gans Israel word vry
van ongeregtighede.
HEER, doen ook so aan my!